3.1 Om te wat
Wat doen ‘n mens in ‘n post-oorlog Eritrea, waar gemoedere nog hoog loop, en ons in sommige kringe nie al te welkom was nie?
Net
eers ‘n bietjie agtergrond. Ek gaan
julle nie verveel met die koloniale geskiedenis van Eritrea nie. In kort kom dit daarop neer dat Eritrea
sedert 1888 ‘n Italiaanse kolonie was. Sedert Desember 1950, na WOII, het die
VN ‘n resolusie aanvaar wat van Eritrea ‘n federale deel van Etiopië gemaak
het. Dit was teen die wil in van die
Eritreërs.
Op 1
September 1961 begin die Eritrese Bevrydingsfront met ‘n gewapende stryd om
onafhanklikheid. Hierdie stryd het
gewoed tot 1991, toe die rebelle die Etiopiërs uit hul land uit gejaag het, en
onafhanklikheid verklaar het. (Lees
gerus Dan Cornel se boek, Against all odds oor hierdie redelik onbekende stuk
geskiedenis.)
Sekere
grensgebiede is egter deur beide Eritrea en Etiopië betwis. Etiopië het in hierdie gebiede al dieper in
Eritrea in beweeg, wat uitgeloop het op die Eritrese-Etiopiese oorlog van
1998-2000. Hierdie langdurige konflikte
het gelei tot besoedeling van veral die grensgebiede met mynvelde, onontplofde
ammunisie en agtergelate ammunisie.
‘n VN
Vredesmag, wat genie elemente van Kenia en Slowakye ingesluit het, is in die
suide van die land ontplooi. Die Keniane
en Slowake se taak was die opruiming van die mynvelde.
Mechem
is deur die VN gekontrakteer om paaie te beveilig. Daarvoor het Mechem ‘n CASSPIR[1]
met die MVMMDS
(MECHEM Vehicle Mounted Mine Detection System) met sy bemanning ontplooi, sowel as landmyn opruimers van
Mosambiek en Zimbabwe en Suid-Afrikaanse honde hanteerders met hul
snuffelhonde.
Ek verstaan maar min van tegnologie,
maar ek gaan tog ‘n poging aanwend om te verduidelik. MVMMDS is in effek ‘n aantal
mynverklikkers wat op ‘n rubber strook (die mat) gemonteer is, sodat hulle
gesamentlik die hele wydte van die mat dek.
Die wydte van die mat is min of meer dieselfde as die spasie tussen die
agterwiele. Die mynverklikkers is dan
gekoppel aan ‘n rekenaar in die voertuig.
Agter elke mynverklikker is ook spuite wat met pype aan ‘n tenk met verf
gekoppel is. Sodra ‘n mynverklikker ‘n metaal
voorwerp onder die mat registreer, spuit daardie mynverklikker ‘n blerts verf
op die pad.
Die
rekenaar in die voertuig word voortdurend deur een van die bemanningslede
gemonitor. Wanneer ‘n mynverklikker ‘n
voorwerp registreer, gaan daar ‘n alarm in die voertuig af. Die voertuig, wat teen loopspoed ry, stop
dadelik. Die rekenaar kan dan, soos in
‘n video, terug gedraai word, tot waar die voorwerp op die skerm wys.
Die
beeld wys die vorm van die voorwerp, terwyl die rekenaar die grootte van die
voorwerp wys. Op die manier kan dan
bevestig word of dit moontlik ‘n landmyn of ‘n stuk ammunisie is.
Daarna
kan die snuffelhonde, wat geleer is om springstof op te spoor, die gebied
fynkam. Indien die hond dan springstof
aandui, deur te gaan sit, word die mynopruimers ingeroep. Hulle gaan dan deur hulle prosedure om die voorwerp
op te spoor, onskadelik te maak en te verwyder.
As
die hond geen springstof aandui nie, volg die mynopruimers steeds dieselfde
prosedure om die voorwerp te identifiseer, en te verwyder. Wanneer die span dan ‘n pad “gevee” het,
behoort daar dan geen metaal onder die grond agter gelaat word nie.
Nou
wat nou as die CASSPIR ‘n landmyn aftrap?
Wel, voorkoming is beter as genesing.
Maar tog... Dit kan gebeur.
Daarom het ons ‘n Casspir gebruik, wat juis gebou is as onder andere ‘n
landmyn beskermde voertuig. En baie
effektief so. Die CASSPIR se ontwerp was so goed dat dit,
wanneer meeste standaard myne (selfs die groter teen-voertuig myne) afgetrap
sou word, dit relatief maklik, vinnig en goedkoop herstel kon word en dat
beserings relatief gering sou wees as die reëls nagekom word.
So
om te wat? Om lewens te red, en hulpverlening
in ‘n post-konflik gebied te ondersteun.
(Foto:
Wikipedia)
[1] Casspir is ‘n anagram uit die afkortings Council
for Scientific and Industrial Research (CSIR) en South
African Police (SAP)
Comments
Post a Comment